Je eigen huis op de Afrikaanse savanne

Nice view

Zwembad Silonque Bush Estate

Live life to the rhythm of African time

Silonque Bush Estate is 'n vier ster selfsorg landgoed met luukse huise in die middel van die Suid-Afrikaanse bos en grens aan die wêreldbekende Kruger Nasionale Park. Silonque Bush Estate is ’n oase in die bos waar mens kan lewe volgens die ritme van Afrika tyd!

Boek Nu!
  • Vakansie in die bos

    Totale ontspanning met die Kruger Nasionale Park as jou agterplaas.  Dit is waarvoor Silonque Bush Estate die meeste...

  • Gesellighede in die Bos

    Silonque Bush Estate bied die unieke geleentheid aan vir jou om daai spesiale geleentheid te organiseer in die...

  • Huis in die bos

    Nog altyd gefantaseer oor hoe dit moet voel om in ‘n plek te bly waar die natuur nog...

Welkom by Silonque Bush Estate

elephant
Silonque Bush Estate is ‘n vier ster selfsorg landgoed met luukse huise in die middel van die Suid-Afrikaanse bos en grens aan die wêreldbekende Kruger Nasionale Park. Silonque Bush Estate is geleë naby die dorp Phalaborwa, wat ook bekend staan as “die stad met twee somers” Silonque Bush Estate is ‘n 15 minute rit van die Phalaborwa Lughawe waar daar daaglikse vlugte tussen Johannesburg en Phalaborwa is…

giraffe
Silonque Bush Estate is die ideale plek vir vir veilige en ontspannende oornag verblyf of vir ‘n langer tydperk.  Jy sal beslis nie verveeld wees nie!  Daar is baie om te sien en ervaar in en om Phalaborwa se omgewing.  Uiteraard het ons die wereld bekende Kruger Nasionale Park op ons voordeur maar daar is ook ander besienswaardighede on the sien en verken in die Phalaborwa area sos ondermeer; die Panorama roete, Amarula Lapa, die Cheetah-projek om net ’n paar te noem.

lion
Silonque bied ‘n verskeidenheid van luukse huise, twee ontspannende swembaddens en ‘n tennisbaan; alles in die middel van die Suid-Afrikaanse bos.  Daar is Luukse 1, 2 en 3 slaapkamer huise groot stoepe om die huise van waar mens ’n asemrowende uitsig het oor die Kruger Nasionale Park.  Daar is ’n private braai op elke stoep waar mens ’n eg Suid Afrikaanse braai kan hê terwyl mens ontspan na ’n besige dag van rond kuier in die omgewing.  Moet ook nie verbaas wees as rooibokke en waterbokke die nag deur bring in die tuine om die landgoed se akkommodasie nie want hulle beweeg vrylik rond op die perseel.

otrache
Is jy op soek na die perfekte wegbreek in Phalaborwa?  Silonque Bush Estate, in die hartjie van die Limpopo provinsie, verwelkom jou waar jy kan ontspan en die uiteindelike rustigheid van die Afrika bos ervaar. Silonque Bush Estate is ’n oase in die bos waar mens kan lewe volgens die ritme van Afrika tyd!  Vir verdere inligting kontak ons gerus.